10/10/2026
👂🏼 OORPYN & MIDDELOORONTSTEKING
Oorpyn is ongelooflik algemeen by kinders – en gebeur natuurlik graag in die middel van die nag! 😅
Maar ’n seer oor beteken nie outomaties ’n bakteriële oorinfeksie nie, en nie elke oorinfeksie benodig antibiotika, oordruppels of ’n ENT-verwysing nie.
Kom ons verduidelik ’n bietjie wat eintlik in daardie klein oortjies aangaan.
🦠 Wat is middeloorontsteking?
Akute otitis media is inflammasie/infeksie van die middeloor – die klein spasie agter die trommelvlies.
Dit gebeur dikwels tydens of kort ná ’n verkoue. Die Eustachiese buis, wat die middeloor met die agterkant van die neus verbind, swel toe. Druk verander en vloeistof versamel agter die oordrom of trommelvlies, wat dan geïnfekteer kan raak.
Kinders is meer geneig daartoe omdat hierdie buisie korter en meer horisontaal is as by volwassenes. Ronde koppies…. Seer oortjies!
🔍 Hoe lyk ’n oorinfeksie?
Jou kind kan:
• skielik oor oorpyn kla
• aan die oor trek of vryf
• koors hê
• huilerig of geïrriteerd wees
• snags sleg slaap
• minder eet of drink
• sê die oor voel “toe”
• tydelik swakker hoor
• onlangs verkoue, hoes of ’n loopneus gehad het
By babas is dit dikwels minder duidelik – hulle is soms bloot knieserig, drink swakker of slaap skielik sleg.
🌿 Maar oorpyn is nie altyd ’n middeloorinfeksie nie…
Oorpyn kan ook veroorsaak word deur:
• ’n buite-oorinfeksie (“swimmer’s ear” of otitis externa)
• harde oorwas
• vloeistof agter die trommelvlies sonder aktiewe infeksie
• keel- of mangelontsteking
• tandprobleme of tandekry
• neus- en sinusverstopping
• kakebeen-/TMJ-probleme
Daarom help dit nie altyd om sommer antibiotika te begin omdat ’n oor seer is nie – ons moet eers kyk waar die probleem sit.
💊 Het elke middeloorinfeksie antibiotika nodig?
Nee.
Baie ongekompliseerde oorinfeksies verbeter spontaan. Afhangend van die kind se ouderdom, hoe siek hulle is, hoe erg die pyn en koors is, of een of beide ore betrokke is en hoe die trommelvlies lyk, kan ons soms eers goeie pynbeheer en waarneming gebruik.
Antibiotika is wel belangrik in sekere kinders en in meer ernstige, aanhoudende of kompliserende infeksies.
💥 Pyn- en anti-inflammatoriese behandeling is belangrik!!!
’n Ontsteekte trommelvlies en verhoogde druk in die middeloor kan baie seer wees.
Paracetamol kan gebruik word vir pyn en koors. Oor die algemeen verkies en Ibuprofen of Mefenamic vir oorpyn…Want Ibuprofen kan, waar dit ouderdomsgepas en veilig vir die spesifieke kind is, pyn én inflammasie verminder. Die anti-inflammasie effek van ibuprofen kan die pypie se swelling laat sak en die onderliggende meganisme beter aanspreek.
Selfs wanneer antibiotika nodig is, bly goeie pynbeheer belangrik – antibiotika is immers nie ’n pynstiller nie.
💊 Wat van kortisoon?
Kortisoon is ’n sterk anti-inflammatoriese middel, maar dit beteken nie dat elke oorinfeksie kortisoon nodig het nie.
Daar kan spesifieke kliniese situasies wees waarin ’n dokter ’n kortikosteroïed gebruik, maar orale kortisoon of kortisoon-neussproei word nie roetine aanbeveel bloot om vloeistof agter die trommelvlies ná ’n infeksie te laat verdwyn nie. Navorsing toon gemengde resultate.
👂🏼 En oordruppels soos Cilodex?
Cilodex bevat:
• ciprofloxacin – ’n antibiotika
• dexamethasone – ’n kortikosteroïed wat inflammasie verminder
Dit is baie nuttige oordruppels – wanneer dit vir die regte probleem gebruik word.
By ’n gewone middeloorinfeksie met ’n heel trommelvlies sit die probleem agter die trommelvlies. Druppels wat in die oorkanaal geplaas word, kan nie sommer deur ’n normale trommelvlies beweeg om die middeloor te behandel nie.
As ’n kind baie goed op sulke druppels reageer, kan daar byvoorbeeld ook inflammasie van die buite-oorkanaal wees, of ’n klein perforasie waardeur die druppels wel die middeloor bereik.
Oordruppels is dus nie outomaties die antwoord vir elke seer oor nie.
Dis ook voorskrif - dus nie aanbeveel om self te besluit om net druppels in ore te gooi nie.
Verkeerde oordruppels kan ‘n kind permanent met gehoorverlies laat. Pasop!⚠️
💦 “Dokter, die oor het begin loop en toe was die pyn skielik beter?”
Dit kan gebeur wanneer druk agter die trommelvlies so hoog word dat die trommelvlies spontaan perforeer.
Die vloeistof/etter kry dan ’n uitweg en die druk – en gevolglik dikwels die pyn – verminder.
Dit beteken egter nie dat ons die oor nou kan ignoreer nie. Die kind moet herondersoek word om die perforasie, infeksie en uiteindelike genesing van die trommelvlies te monitor. In meeste gevalle hoef mens nie paniekerig te wees nie, die vlies genees homself in baie gevalle.
Indien nie, kan jou ENT ‘n tipe gommetjie en vliesie plak om die probleem op te los.
🕳️ Wat van kinders met grommets?
’n Grommet is ’n klein ventilasiebuisie wat doelbewus deur die trommelvlies geplaas word.
Dit:
• ventileer die middeloor
• help vloeistof dreineer
• kan gehoor verbeter wanneer langdurige vloeistof gehoor beïnvloed
• en gee oordruppels toegang tot die middeloor
Daarom is die storie anders wanneer ’n kind met grommets ’n oorinfeksie ontwikkel.
As die oor begin loop, kan toepaslike antibiotiese oordruppels dikwels direk deur die grommet by die middeloor uitkom, en is dit in ongekompliseerde gevalle dikwels verkieslik bo orale antibiotika.
En nee – grommets beteken ook nie noodwendig dat ’n kind nooit weer mag swem nie. Vir gewone oppervlak-swem en bad is spesiale oorproppe nie roetine vir elke kind nodig nie.
💧 Die infeksie is verby – maar die oor voel steeds toe?
Hierdie is waarskynlik een van die belangrikste dele.
Vloeistof kan vir weke ná ’n oorinfeksie agter die trommelvlies bly. Dit gebeur BAIE gereeld. Waarheid is, in sommige gevalle kan mens als probeer en steeds vir 3-4 maande sukkel met vog op die ore.
Ons noem dit otitis media with effusion of middelooreffusie.
Die persoon kan sê:
“Ek hoor snaaks.”
“My oor is toe.”
“Dit klink of ek onder water is.”
Dit beteken nie noodwendig dat die infeksie nog daar is nie…
En nog antibiotika is nie outomaties die oplossing nie!
🚫 Wat help gewoonlik NIE om gewone middeloorvloeistof weg te kry nie?
As daar vloeistof agter die trommelvlies is maar nie meer ’n aktiewe akute infeksie nie, word die volgende nie roetine aanbeveel net om die vloeistof te probeer wegkry nie:
• nog ’n kursus antibiotika
• orale kortisoon
• kortisoon-neussproei
• antihistamiene
• dekongestante
Die liggaam het dikwels bloot tyd nodig om die vloeistof self te absorbeer. 🤷♀️
🎧 Wanneer help ’n audioloog en ‘n tympanogram?
’n Tympanogram gee vir ons objektiewe inligting oor die beweging van die trommelvlies en die druk/funksie van die middeloor.
Dit is nuttig wanneer:
• ’n oor ná ’n infeksie lank toe bly
• ’n kind herhaaldelike oorinfeksies kry
• ons vermoed vloeistof bly agter
• gehoor swakker lyk
• daar kommer oor spraakontwikkeling bestaan
🛣️ Hoekom doen ons soms eers ’n tympanogram en stuur nie sommer elke kind direk ENT toe nie?
’n ENT is baie belangrik wanneer daar ’n goeie aanduiding daarvoor is. Maar ‘n spesialis bly ‘n spesialis, as ons altyd onnodig gaan - gaan die pryse net altyd opgaan en die mense wat dringend hulp kort word eers oor 6 maande gehelp. Moenie resources onnodig gebruik nie.
En … in ons omgewing is ’n ENT nie altyd net om die draai nie. Vir ’n gesin kan dit ’n lang rit, wagtyd en aansienlike koste beteken.
En die realiteit is dat baie kinders se middeloorvloeistof vanself opklaar. So - verniet geswipe!
’n Goeie kliniese ondersoek saam met ’n tympanogram en, waar nodig, ’n gehoortoets kan ons help om te onderskei tussen ’n kind wat veilig gemonitor kan word en een wat werklik by ’n ENT-assessering gaan baat.
Ons probeer dus nie ’n ENT vervang nie – ons probeer doelgerig verwys. Glo my, hulle verkies ook om pasiënte te sien wat ordentlike workups gehad het deur hulle huisdokter. Hulle het vrek baie werk!
🎧 ’n Tympanogram en gehoortoets is nie dieselfde ding nie… vir die wat wil weet:
☀️Die tympanogram kyk hoofsaaklik na hoe die middeloor funksioneer.
🌙’n Ouderdomsgepaste audiologiese ondersoek bepaal hoe goed die kind werklik hoor.
As middeloorvloeistof ongeveer 3 maande of langer aanhou, is ’n ouderdomsgeskikte gehoortoets belangrik.⚠️
Ons wag ook nie noodwendig drie maande indien ’n kind reeds ’n verhoogde risiko het, daar duidelike gehoorprobleme is, of ons bekommerd is oor ontwikkeling nie. Jou huisdokter moet na die hele mensie voor hulle kyk - die geskiedenis, die gesin, die omgewing, die slaap, die snork, die neus, die septum….
🗣️ En spraakontwikkeling?
Kinders leer taal deur ons duisende kere te hoor praat. Dis ook hoekom ons nie baba taal moet praat nie - hulle luister!
Langdurige vloeistof in beide ore kan klank demp – amper asof die kind voortdurend onder water luister.
Een kort oorinfeksie gaan nie skielik ’n kind se spraakontwikkeling ontspoor nie.
Maar langdurige of herhalende bilaterale vloeistof met gehoorverlies, veral gedurende die vroeë taalontwikkelingsjare, moet nie geïgnoreer word nie.
Oorweeg ’n audiologiese evaluasie vroeër indien jou kind:
• nie konsekwent op sy/haar naam reageer nie
• baie “huh?” vra
• die TV harder wil hê
• spraakontwikkeling agter lyk
• uitspraak onverwags swak is
• instruksies gereeld “mis”
• of ’n onderwyser bekommerd raak oor luister/aandag
Soms is ’n kind wat lyk asof hy “nie luister nie” eintlik ’n kind wat nie alles duidelik hoor nie.
Ter Kennisname… het ons ‘n wonderlike dubbel gekwalifiseerde spraak- en audioloog by die Healix sentrum. Haar naam is Jacoline Schoeman en sy kan vir jou, jou kind of jou ouma uitsort met ‘n tympanogram, screening, vol audiologiese assessment en gehoorstuk-fitting. Haar kontakbesonderhede is 071 086 5172.🫶🏼
🩺 Wanneer begin ons aan grommets of ENT dink?
Nie bloot omdat ’n kind al ’n paar oorinfeksies gehad het nie.
Ons kyk na:
• hoe gereeld die infeksies voorkom
• of daar vloeistof tussen episodes bly
• hoe lank die vloeistof aanhou
• of gehoor beïnvloed word
• spraak-/taalontwikkeling
• slaap en lewenskwaliteit
• veranderinge aan die trommelvlies
Herhalende bevestigde oorinfeksies saam met middeloorvloeistof is ’n belangriker rede om grommets te oorweeg as bloot ’n geskiedenis van gereelde oorpyn.
🌱 Kan ons oorinfeksies voorkom?
Nie almal nie – klein kinders gaan verkoues en oorinfeksies kry.
Maar ons kan risiko verminder deur:
• kinders se roetine-inentings op datum te hou
• goeie handhigiëne
• rook en tweedehandse rook rondom kinders te vermy
• onnodige antibiotika te vermy
• neus- en allergieprobleme gepas te behandel wanneer dit werklik teenwoordig is
Kinders in kleuterskole word bloot aan baie meer respiratoriese virusse blootgestel, en dit is een rede waarom oorinfeksies in hierdie ouderdomsgroep so algemeen is.
⚠️ Wat is die komplikasies van middeloorontsteking?
Gelukkig herstel die oorgrote meerderheid kinders sonder enige langtermynprobleem.
Moontlike komplikasies sluit egter in:
• aanhoudende middeloorvloeistof
• tydelike geleidingsgehoorverlies
• herhalende oorinfeksies
• perforasie van die trommelvlies
• chroniese veranderinge/retraksie van die trommelvlies
• en, minder algemeen, cholesteatoom of ander chroniese middeloorprobleme
🚨 Mastoiditis – hierdie een moet ouers ken⚠️
Die mastoïedbeen sit net agter die oor.
Soek dringend mediese hulp indien daar:
• rooiheid of swelling agter die oor ontwikkel
• erge pyn of teerheid agter die oor is
• die oor skielik vorentoe begin uitstaan
• die kind baie siek of lomerig raak
• erge hoofpyn, nekstyfheid of neurologiese simptome ontwikkel
Verspreiding van ’n oorinfeksie na die strukture rondom die oor of binne die skedel is gelukkig baie skaars, maar dit is waarom hierdie tekens ernstig opgeneem word.
🎒 Wanneer mag my kind weer kleuterskool toe?
🦠Die goeie nuus: otitis media self is nie iets wat kinders gewoonlik van mekaar “aansteek” nie. Die verkoue of virus wat dit voorafgegaan het, kan natuurlik wel aansteeklik wees.⚠️
’n Kind hoef dus nie noodwendig by die huis te bly totdat die antibiotika klaar is nie.👂dit geld spesifiek vir bakterieële oorontsteking.
As algemene praktiese riglyn kan hulle teruggaan wanneer:
• hulle minstens 24 uur koorsvry is sonder koorsmedikasie
• die pyn redelik beheer is
• hulle weer normaal genoeg eet en drink
• hulle energiek genoeg is om aan die gewone kleuterskooldag deel te neem
• hulle nie voortdurende individuele sorg van die onderwyser nodig het nie.
As jou kind nog ellendig is, die hele nag wakker was van pyn of net op pynmedikasie “funksioneer”, gee hulle eerder nog ’n dag by die huis. 💪
…En onthou dat individuele kleuterskole hul eie siektebeleid kan hê.🤷♀️
🌼 Die kort weergawe?
Oorpyn → kyk eers wat aangaan → behandel die regte probleem.
Nie elke seer oor is ’n oorinfeksie nie.
Nie elke oorinfeksie benodig antibiotika nie.
Nie elke oor benodig Cilodex nie.
Kortisoon en antihistamiene laat nie sommer middeloorvloeistof verdwyn nie.
Vloeistof ná ’n infeksie beteken nie noodwendig dat die infeksie terug is nie.
En nie elke kind met vloeistof hoef onmiddellik ENT toe te gaan nie.
Ondersoek → tympanogram waar toepaslik → gehoortoets wanneer aangedui → doelgerigte ENT-verwysing indien nodig.💪👂🏼
Want wanneer ons ’n kind se ore behandel, dink ons nie net aan vandag se oorpyn nie – ons dink ook aan gehoor, spraak, kommunikasie en ontwikkeling. 👂🏼🗣️🌱
Dr Elri du Preez | Healix👂🏼 OORPYN & MIDDELOORONTSTEKING

Dr Elri du Preez | Healix