La Studio

Call Directions Contact the business

La Studio Diep asemhaling en strekke word in elke klas gedoen. Daar is dus 'n wye verskeidenheid klasse vir oud en jonk. Daarom wissel ons dit af en hou dit interessant.

💪 Rehabilitasie & prestasie vir jou liggaam
🎯 Help met pyn, beserings & herstel
🧠 Biokinetika | Fisio | Pilates | Dieetkunde | Scio Biofeedback | Aanvullings
📍 Heidelberg
👇 Bespreek jou eerste afsp Wil jy ligter leef en gesondheid optimaal ervaar:
Kom oefen saam:

Klasse word afgewissel met Pilates, Callinetics, Barre-, Mat , HIIT, Swissbal-, Oefenrek, "Fascia release" en gewigte oefeninge. Stres hantering tegnieke, Hormoon balansering, Balans en Beter Brein funksie is van die voordele wat jy kan ervaar.

’n Liggaam wat gewoond raak aan een enkele aktiwiteit sal stagneer en nie reageer nie. OEFENTYE:

MAANDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND KLAS
17:00 – 17:45 : MIDDAG KLAS

DINSDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND kLAS
17:00 – 17:45 : MIDDAG KLAS

WOENSDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND KLAS
17:00 - 17:45 : MIDDAG KLAS

DONDERDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND KLAS
17:00 – 17:45 : MIDDAG KLAS

VRYDAE
7:45 – 8:30 : DIEP STREKKE EN "STRESS RELIEF"


JAAR FOOI : R180
MAAND FOOIE :
1 x per week : R300 per maand
2 x per week : R350 per maand
3 x per week : R400 per maand
4 x per week : R450 per maand
5 x per week : R500 per maand

AANLYN OEFENKLASSE :

Zoom word aangebied en kan op android, app store of skoot rekenaar afgelaai word. Kom oefen saam met ons in jou eie huis op jou eie tyd! Gemaklik en sonder om te wag vir enige apparaat! En as jy nie die dag se klas kan maak nie dan stuur ons vir jou ‘n “link” na die dag se klas om te doen wanneer jy kan. Jy gaan wel die volgende apparate nodig he. Pilates ring
Fascia balletjie
1kg hand gewiggies
Enkel gewigte
Oefenrek
(Al die bogenoemde kan aan gekoop word by die Studio en word gekoerier.) Oefenmat
Besemstok

WANNEER IS ZOOM KLASSE:

Maandae tot Vrydae : 7:45 - 8:30
Maar Zoom klas word per WhatsApp gestuur en kan op eie tyd voltooi word)

MAAND FOOI VIR AANLYN KLASSE : R380.00


KONTAK GERUS MARIETJIE SHEPHERD VIR VERDERE NAVRAE. 0829240872

25/10/2026

REHAB “FUN” @ LA STUDIO
Hoe kan ons help?
ORTOPEDIE & REHABILITASIE
• Pre- en post-operatiewe
rehabilitasie
• Rug-, nek-, skouer-, heup-,
knie- en enkelprobleme
• Spierswakheid,
bewegingsbeperkings en spierwanbalanse

SPORT & PRESTASIE
• Sportbeserings en veilige
terugkeer na sport
• Spierkrag, mobiliteit, stabiliteit en simmetrie
• Bewegingskwaliteit en
sportspesifieke
voorbereiding
• Prestasie-optimalisering

OUER VOLWASSENES
• Balans, spierkrag en mobiliteit
• Valvoorkoming en vertroue
in beweging
• Funksionele beweging en
onafhanklikheid
• Gesonde, aktiewe veroudering

📞082 9240872

😌NAWEEK……
23/10/2026

😌NAWEEK……

23/10/2026
🧠 Jou arms sê “vorentoe”… maar die opdrag is “agtertoe”! 😄Daardie oomblik van huiwer wys hoe uitdagend dit kan wees om ’...
22/10/2026

🧠 Jou arms sê “vorentoe”… maar die opdrag is “agtertoe”! 😄

Daardie oomblik van huiwer wys hoe uitdagend dit kan wees om ’n bekende beweging te stop en van rigting te verander.

By La Studio laat ons jou dink terwyl jy beweeg — met oefeninge wat jou aandag, koördinasie en reaksie op nuwe opdragte uitdaag. 💚

👉 Blaai deur en probeer die armsirkel-uitdaging. Kan jy van rigting verander sonder om eers heeltemal te stop?

La Studio | Beweeg met aandag. LEEF LIG
📣BIOKINETIKA EVALUASIE
📣OEFENKLASSE DAMES/MANS/JEUG

21/10/2026

👀 Jou oë help jou hele lyf om te beweeg en te balanseer!

• 👣 Anker jou voete: Staan met een voet voor die ander om jou balans uit te daag.

• 🌿 Aktiveer jou maagspiere liggies: Dink aan die area agter jou broek se “zip”. Hou jou bolyf stabiel en haal rustig asem.

• 👆 Volg jou vingerpunt: Beweeg jou vinger stadig nader aan jou neuspunt. Hou dit 3–5 sekondes daar terwyl jy daarop fokus, en beweeg dit weer stadig weg. Gaan net so naby as wat jy gemaklik ’n enkele beeld kan behou.

• 🧠 Oefen die spanwerk: Jou oë, brein, binneoor en spiere werk saam om jou liggaam stabiel te hou.

Ons oefen oogkoördinasie, liggaamsbewustheid en balansbeheer! 💚

Hou ondersteuning naby. Stop as jy duiselig raak, oogpyn ervaar of dubbel sien, sodat ons die oefening kan aanpas.
📌📞vir jou evaluasie of kom skakel net in💞💙

🌿 Jou liggaam verander. Jou oefenprogram behoort saam met jou te groei.Dié terugvoer van een van ons kliënte vat ons har...
18/10/2026

🌿 Jou liggaam verander. Jou oefenprogram behoort saam met jou te groei.

Dié terugvoer van een van ons kliënte vat ons hart by La Studio mooi saam: ons sien die mens agter die beweging. 🤍

Jou behoeftes en doelwitte gee rigting aan jou oefeninge. Met elke herevaluasie kyk ons na jou vordering en pas ons jou program aan — stap vir stap, met ’n doel.

Dankie aan elke kliënt wat ons vertrou en getrou saam aan hul gesondheid bou.

Jou vordering maak ons werk betekenisvol.

La Studio | Leef lig Wees die lig

17/10/2026
👣 Oefen jy altyd in dieselfde rat?Die lewe beweeg nie altyd teen dieselfde tempo nie. Soms stap jy rustig; soms moet jy ...
17/10/2026

👣 Oefen jy altyd in dieselfde rat?

Die lewe beweeg nie altyd teen dieselfde tempo nie. Soms stap jy rustig; soms moet jy vinnig ’n tree gee, stop of van rigting verander.

Daarom fokus ons by La Studio op beweeglikheid, krag én beheer — met oefening wat geleidelik by jou vermoëns aangepas word. 🌿

👉 Swiep deur en ontdek waarom die tempo waarteen jy beweeg ook aandag verdien.

Kom leer jou liggaam beter ken en beweeg met meer selfvertroue.

La Studio 📌0829240872

LEEF. Dis die woord op ons muur — en die hart van wat ons doen. 🤍Bo die naam La Studio vorm ons logo die bokant van ’n h...
14/10/2026

LEEF. Dis die woord op ons muur — en die hart van wat ons doen. 🤍

Bo die naam La Studio vorm ons logo die bokant van ’n hart. Dit vertel iets van die mense wat hier werk:
’n hart vir ons Hemelse Vader,
vir mekaar en ons kliënte,
en ’n hart om ’n verskil te maak.

Hier is soveel meer as ’n gebou met toerusting. Ons vra “HERE, gee ons hemelse wysheid, krag en rigting met elke kliënte wat oor ons drumpel trap👣👣👣asseblief🙏🏻🙏🏻

“Bio” beteken lewe. Biokinetika: lewe deur beweging. En hoe mooi vang hierdie foto dit vas!

Geen pil kan die plek van beweging inneem nie. Elke keer wat jy opdaag, maak jy tyd om in jou lewe te belê.

Kom beweeg saam. Kom LEEF. 🌿

13/10/2026

💪 Hulle daag op. Hulle hou aan. En hulle ervaar die VERSKIL!

Ons Junior oefen- en rehabgroep wys hoe waardevol gereelde oefening is. 🌱 Elke sessie is ’n geleentheid om aan krag, bewegingsbeheer en vertroue in hul liggame te bou — met aanmoediging en lekker saam oefen tussenin!

Of hulle aan hul herstel werk of sterker wil word vir sport en die alledaagse lewe: vordering begin deur op te daag en aan te hou.

Ons is trots op julle toewyding! Dankie ook aan elke ouer wat die tyd maak om hulle hier te kry. 🤍

La Studio Biokinetika | Wetenskap van HOOP

Address

Stand 25 Boschfontein
Heidelberg
1441

Telephone

+27829240872

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when La Studio posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to La Studio:

Shortcuts

Share