Esthetiek - by Sandra de Beer

Call Directions Website

Esthetiek - by Sandra de Beer Qualified Somatologist & Permanent Makeup Artist | 13+ years’ experience in advanced skincare and PMU.
(1)

Personalised, professional treatments focused on skin health and natural-looking results.
📍 Sinoville, Pretoria | CIDESCO • ITEC • SAASHP

22/10/2026

in Pretoria • R1 750 🤍

Vorm en definisie met ’n poeier-effek wat sagter word soos die wenkbroue genees. Hierdie video wys die resultaat direk ná behandeling.

Ons pryse verhoog in die nuwe jaar — bespreek nou jou afspraak teen die huidige prys.

R1 750 vir die eerste behandeling. Opvolgbehandeling apart.

📍 Esthetiek | Sinoville, Pretoria

Jy kan nou jou         afprake by Alexis bespreek deur die webtuiste 😉https://www.sdbesthetiek.com/shia-beauty
16/10/2026

Jy kan nou jou afprake by Alexis bespreek deur die webtuiste 😉
https://www.sdbesthetiek.com/shia-beauty

Nails, lash extensions, lash lifts and waxing with Alexis at Esthetiek in Sinoville, Pretoria. View her prices and book directly on WhatsApp.

 Hierdie kliënt het ingekom om haar brows te refresh. Sy het dit jare gelede by iemand anders laat doen, maar die kleur ...
13/10/2026


Hierdie kliënt het ingekom om haar brows te refresh. Sy het dit jare gelede by iemand anders laat doen, maar die kleur het met tyd baie warm en rooi geword.

Ek het ’n kleurkorreksie gedoen met ’n neutrale bruin met ’n koel ondertoon om die rooi te neutraliseer. 🤎

Die brows lyk nou nog donkerder omdat dit pas gedoen is. Soos dit genees, sal die kleur ligter en sagter word.

Het jou ou brow-kleur ook verander?
Vul die PMU-navraagvorm op my website in: www.sdbesthetiek.com

📍 Sinoville, Pretoria

Ek het vir   gevra om op te som wat kliënte oor Esthetiek sê, en ek wil dit sommer net so met julle deel. Ek is regtig t...
12/10/2026

Ek het vir gevra om op te som wat kliënte oor Esthetiek sê, en ek wil dit sommer net so met julle deel. Ek is regtig trots op hierdie opsomming. 🤍

Ek het Esthetiek in 2017 begin. Nege jaar later is ek so dankbaar dat ek steeds elke dag kan doen waarvoor ek lief is.

Maar die mooiste deel is die mense wat dit moontlik maak. Dankie aan elke kliënt wat my vertrou, terugkom, iemand na my verwys of die tyd neem om ’n resensie te skryf.

Esthetiek is vir my baie persoonlik. Ek is trots op wat ek opgebou het, en dankbaar vir elkeen van julle wat deel daarvan is.

www.sdbesthetiek.com

’n Uur waarin jy niks hoef te doen nie, behalwe om te ontspan. Sit jou foon neer, maak jou oë toe en laat my vir jóú sor...
04/10/2026

’n Uur waarin jy niks hoef te doen nie, behalwe om te ontspan.

Sit jou foon neer, maak jou oë toe en laat my vir jóú sorg.

By Esthetiek is jou meer as velsorg. Dis ’n ervaring — ’n rustige uur om af te skakel, die dag se gejaag eenkant te sit en n behandeling te geniet wat by jou vel se behoeftes pas.

Isa Carstens Aesthetics-gesigbehandelings:
▫️ Hydration Facial — R500
▫️ Oil Control Facial — R500
▫️ Active Peptide Facial — R540
▫️ AntiOx Repair Facial — R560

Maak ’n bietjie plek vir jouself in jou dag.

📍 Sinoville, Pretoria
Bespreek jou uur van rus: https://www.sdbesthetiek.com

Esthetiek - Pretoria – advanced facials, skin treatments, microneedling, IPL and permanent makeup. Personalised skincare and professional skin consultations.

Okay, dis amptelik — Esthetiek se 𝗻𝘂𝘄𝗲 𝘄𝗲𝗯𝘀𝗶𝘁𝗲 𝗶𝘀 𝗹𝗶𝘃𝗲✨𝗘𝗸 𝘄𝗮𝘀 𝗱𝗮𝗹𝗸 ’𝗻 𝗯𝗶𝗲𝘁𝗷𝗶𝗲 𝘀𝘁𝗶𝗹 𝗼𝗽 𝘀𝗼𝗰𝗶𝗮𝗹 𝗺𝗲𝗱𝗶𝗮, maar agter die skerm...
23/09/2026

Okay, dis amptelik — Esthetiek se 𝗻𝘂𝘄𝗲 𝘄𝗲𝗯𝘀𝗶𝘁𝗲 𝗶𝘀 𝗹𝗶𝘃𝗲✨

𝗘𝗸 𝘄𝗮𝘀 𝗱𝗮𝗹𝗸 ’𝗻 𝗯𝗶𝗲𝘁𝗷𝗶𝗲 𝘀𝘁𝗶𝗹 𝗼𝗽 𝘀𝗼𝗰𝗶𝗮𝗹 𝗺𝗲𝗱𝗶𝗮, maar agter die skerms was dit allesbehalwe stil.

Tussen ma-wees, vrou-wees, kliënte sien en ’n besigheid bestuur, het ek hierdie hele website self gebou. Baie laat aande, baie koffie en ’n paar “hoekom doen ek dit aan myself?”-oomblikke later… is dit uiteindelik klaar. 😅

Dit was vir my belangrik om dit self te doen, want Esthetiek is persoonlik. Ek wou nie hê iemand anders moes raai hoe my besigheid moet voel of wat my kliënte nodig het wanneer hulle ’n behandeling oorweeg nie.

Elke bladsy, foto en beskrywing is met ’n doel gekies. Ek wou ’n plek skep waar jy rustig kan lees, jou opsies kan verstaan en ’n ingeligte besluit oor jou vel kan neem — sonder druk of leë beloftes.

Net soos in my behandelingskamer, moet die hele ervaring kalm, eerlik en persoonlik voel.

Jy kan nou behandelings verken, meer oor jou vel leer, regte resultate sien en maklik jou volgende afspraak bespreek.

Gaan loer gerus en laat weet my wat jy dink. 🤍

www.sdbesthetiek.com

Esthetiek - Pretoria – advanced facials, skin treatments, microneedling, IPL and permanent makeup. Personalised skincare and professional skin consultations.

09/09/2026

In die video vertel ek jou presies wat die behandeling behels en wat by die aanbod ingesluit is:
• vir die gesig en nek
• GRATIS
• GRATIS Wenkbroue Tint&Shape

Alles vir slegs R820 gedurende September.

📍 Esthetiek, Sinoville, Pretoria
🌐 Bespreek aanlyn: www.sdbesthetiek.com⁠

23/06/2026

Die geneesde resultaat van Powder Brows. ❤️

18/06/2026

Die beste deel van my eie baas wees?

Dat ek soms my klein assistent kan saambring werk toe. 😍

Gister het sy besluit sy is verantwoordelik vir voorraadbeheer en het elke produk wat sy kon bereik van die rak afgehaal en vir my aangegee. 😂

Ek droom daarvan om haar eendag te leer dat selfversorging belangrik is, maar vir nou is sy net gefokus op die belangrike goed:
✔️ Produkte van die rak afhaal
✔️ Alles inspekteer
✔️ En kyk of dit dalk eetbaar is

'n Mens begin mos vroeg met kwaliteitbeheer. 🤣

Maar op 'n ernstiger noot...

Ons kinders groei vandag op in 'n wêreld waar sosiale media hulle daagliks vertel hoe hulle "behoort" te lyk. Ek hoop ek kan haar leer dat selfversorging nie gaan oor onrealistiese skoonheidsideale of om iemand anders te probeer wees nie.

Ek wil hê sy moet leer dat selfversorging beteken om mooi na jouself om te sien, jou liggaam te respekteer, jou vel te versorg en jouself lief te hê — presies soos jy is. 🤍

Tot dan sal sy maar aanhou om my rakke leeg te maak en gratis produk-aanbevelings uit te deel. 😂

03/06/2026

My man werk in die korporatiewe wêreld en spandeer baie tyd op terreine. Tussen die lang dae, stof, sonblootstelling, stres en eindelose verantwoordelikhede kry sy vel ook swaar.

So nou en dan steel ek hom vir 'n uur en gee sy vel die liefde en sorg wat dit nodig het.

Wat begin het as "Ek sal dit doen omdat jy vra", het een van sy gunsteling behandelings geword. Nie net vir sy vel nie, maar vir die kans om vir 'n uur lank heeltemal af te skakel.

Geen e-posse. Geen oproepe. Geen deadlines!

Net ontspanning.

Want gesonde vel is nie net vir vroue nie, en selfversorging is ook nie iets waaroor mans skuldig hoef te voel nie.

En eerlikwaar? Om hom halfpad deur die behandeling aan die slaap te sien raak, bly een van my gunsteling dinge.

www.sdbesthetiek.com

Address

537 S H Pellissier Avenue, Sinoville
Pretoria
0129

Opening Hours

Monday 08:30 - 17:00
Tuesday 08:30 - 17:00
Wednesday 08:30 - 05:00
Thursday 08:30 - 17:00
Friday 08:30 - 17:00

Telephone

+27837815637

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Esthetiek - by Sandra de Beer posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share