30/10/2026
29 Oktober 2024 – Die dag toe ons wêreld vir altyd verander het.
My liefste Sky Pie, my Scaylar Jane Louwies princess
Twee jaar gelede op hierdie dag het Mamma en Daddy die woorde gehoor wat ons lewens vir altyd sou verander.
Twee jaar gelede het jou kankerreis begin, en skielik het ons wêreld bestaan uit:
hospitaalkamers bloedtoetse
Bloed oortapings
chemoterapie
trane
gebede
vrees
en ’n hoop en gebede wat ons deur selfs ons donkerste dae gedra het.
Ek onthou hoe ons met alles binne in ons gewens het dat ons jou pyn kon wegneem. Ons sou elke stukkie daarvan self gedra het as dit beteken het dat jy net ’n sorgvrye dogtertjie kon wees wat nooit hoef te weet wat kanker is nie. Ons het met God try bargains aan gaan vir jou gesondheid en n kanker vry lewe.
Vir amper twee jaar het ons hierdie stryd saam geveg my bokkie kind.
Elke hospitaalbesoek elke naald
elke behandeling
en elke moeilike dag.
Was dit Mamma en daddy wat vir jou genesing gebid het. Ons het gedroom van die dag wanneer jy jou behandeling sou voltooi
daardie klok sou lui en uiteindelik die kinderlewe sou kon geniet wat jy so baie sterk verdien het. Ons het gedroom daarvan om jou te sien grootword, jou verjaarsdae te celebrate, jou laggie te hoor en jou in ons arms vas te kon hou vir al die jare wat God nog vir ons sou gee.
Ons het nooit gedink dat ons twee jaar later hier sou staan en terugdink aan die begin van ons stryd, terwyl ons nog probeer leer lewe en verstaan met die onbeskryfbare pyn om sonder jou te moet aangaan en lewe nie.
Vandag voel hierdie mylpaal so wreed. Die dag waarop ons reis begin het om vir jou lewe te veg, het nog ’n dag geword waarop ons moet leer om sonder jou fisiese teenwoordigheid aan te gaan. Nog ’n dag waarop ons arms seer verlang om jou vas te hou, ons ore smag om jou stemmetjie te hoor en ons harte niks liewer wil hê as
net nog een drukkie
nog een soentjie
nog een oomblik saam met ons warrior princess
Ons Sky Pie, as liefde jou kon red, sou jy vir altyd geleef het. As gebede alleen jou hier kon hou, sou jy vandag nog veilig in Mamma en Daddy se arms geslaap het. Ons sou nog ’n duisend gevegte vir jou geveg het. Ons sou nog ’n duisend hospitaalgange saam met jou gestap het. Ons sou dit oor en oor weer gedoen het, net om nog ’n bietjie tyd saam met jou te kon hê.
Jy was nooit net ’n dogtertjie wat teen kanker geveg het nie.
Jy was ons dogter
Ons kosbare princess
Ons rede om te bly hoop op dae wanneer hoop onmoontlik gevoel het.
Jy was soveel meer as die siekte wat probeer het om jou kinderjare te steel, en jy sal altyd soveel meer wees as die manier waarop ons jou verloor het.
Ons verstaan steeds nie waarom jou storie so moes eindig nie. Ons verstaan nie waarom ons nie ons wonderwerk hier op aarde kon kry nie. Party dae dra ons geloof ons, en ander dae moet ons aan God vasklou met trane in ons oë en ’n hart wat eenvoudig nie verstaan nie. Maar ons bly vertrou dat dieselfde God wat ons deur daardie hospitaaldeure gedra het, jou nou vashou op ’n plek waar daar geen naalde, geen chemoterapie, geen pyn en geen lyding meer is nie.
Ai, ons poppelop, hoe wens ons dat ons jou daar kon sien. Ons droom hoe jy vry is, dans, lag en hardloop sonder dat enigiets jou seermaak. Ons verbeel ons hoe die hemel die dogtertjie vashou wie se plekkie in ons arms nooit deur iemand anders gevul sal kan word nie.
Twee jaar gelede het ons kankerma en kankerpa geword. Ons het sterker geword omdat ons moes. Ons het geleer hoe om deur vrees te glimlag, deur trane te bid en aan te gaan wanneer ons harte besig was om te breek. Maar vandag is ons net ouers wat hulle dogtertjie verskriklik mis.
Ouers wat enigiets sou gee om die tyd terug te draai.
Ouers wat jou steeds in die klein dingetjies soek.
Ouers wat jou naam, jou herinneringe en jou liefde saam met hulle na elke nuwe môre dra, selfs na die môres wat ons nooit gedink het ons sonder jou sou moes deurmaam nie.
Ons liefste Sky pie, ons sou die hele wêreld gee vir nog net een dag saam met jou in ons arms. Net nog een dag om jou wangetjies te kon soen, jou lyfie styf teen ons vas te kon hou, vir jou te sê hoe lief ons jou het en jou te belowe dat jy nooit, ooit vergeet sal word nie.
Ons weet nie hoe om vrede te maak met die feit dat ons moet aanhou leef in ’n wêreld waar ons nie meer ons hand kan uitsteek en aan jou kan raak nie. Ons weet net dat dit om jou ouers te wees een van die grootste voorregte van ons lewens was en vir altyd sal wees.
Ons stryd het vandag twee jaar gelede begin, maar ons liefde vir jou het nie geëindig toe jou lewe hier op aarde geëindig het nie. Dit het nie op 3 September 2026 geëindig nie. Dit sal nie eindig wanneer dae, maande of jare verbygaan nie.
Ons sal jou liefhê vir elke sekonde wat ons nog hier is, en daarna sal ons jou in die ewigheid liefhê.
Tot die dag wanneer God ons weer toelaat om jou vas te hou, ons Sky Pie, jy moet asseblief weet dat ons jou steeds liefhet, jou steeds mis, steeds jou naam sê en jou steeds in elke klop van ons gebroke hart saamdra.
Jy was elke geveg, elke traan, elke gebed en elke sekonde van hoop werd.
Jy sal altyd wees.
Twee jaar gelede het ons saam teen kanker begin veg. Vandag dra ons die liefde van ons klein vegtertjie in ons harte terwyl ons leer hoe om met ’n verlies saam te leef waarvan ons nooit sal ophou wens dat dit ’n ander einde gehad het nie.
Vir altyd ons poppelop
Vir altyd ons Sky Pie
Vir altyd Mamma en pappa se dapperste en sterkste warrior princess
Tot ons mekaar weer sien ons klein engel kind. Wag vir Mamma en Daddy.
Sien jou in die hemel poorte ons Sky Pie princess.