30/10/2026
Hierdie Saterdag gesels Elizabeth en 'n paar van ons Seagull-vriende oor ’n besondere bestemming: Tunisië: van die Middellandse See tot die Sahara. 🇹🇳
Skakel Saterdag, 31 Oktober, tussen 10:00 en 12:00 in op RSG 100–104 FM en luister saam wanneer daar meer vertel word oor hierdie besondere reis.
Tunisië se landskap en geskiedenis vertel ’n besondere verhaal. Van die blou waters van die Middellandse See en die spore van antieke beskawings tot die uitgestrekte duine van die Sahara.
Nuuskierig oor die toer? Gaan loer gerus na die reisprogram en ontdek wat alles op julle wag.