Goldfields Nursing Care

Call Directions Contact the business

Goldfields Nursing Care Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Goldfields Nursing Care, Health/Medical/ Pharmaceuticals, 10 Lategan Road, Welkom.

01/11/2026
01/11/2026
GHOLFDAG VIR FONDSINSAMELING TEN BATE VAN ONS SORGSENTRUMS ⛳Met harte vol dankbaarheid wil ons graag ons opregte waarder...
01/11/2026

GHOLFDAG VIR FONDSINSAMELING TEN BATE VAN ONS SORGSENTRUMS ⛳

Met harte vol dankbaarheid wil ons graag ons opregte waardering uitspreek teenoor elke persoon, besigheid en borg wat bygedra het om hierdie besonderse fondsinsamelingsgholfdag by Unicorn Golf Club moontlik te maak.

Dankie Ivan Markram van Nashua wat hulp verleen het met organisering

'n Spesiale woord van dank aan Trudie en Marlene vir al die reëlings, organisering en harde werk agter die skerms om hierdie dag 'n sukses te maak.

DANKIE AAN ONS BORGSKAPPE EN ONDERSTEUNERS:
Chery
Unicorn Golf Club
Goldfields Game Ranch
Thereza Du Toit
Mugg & Bean
Die Kolwyntjie
Bruce Paul
Nashua Welkom

DANKIE AAN ONS GESKENK- EN PRYSEBORGE:

Jaun-Re Pretorius
Hot Spot
Roots
Smith Jewelers
Alpha Teater – Pieter Botha
Davidsburg slaghuis
Smith jewelers
Sentrum apteek

'n Verdere opregte dankie aan almal wat die wyn en ander verversings beskikbaar gestel het, asook aan elkeen wat op enige manier bygedra het.

Aan al die gholfspelers en deelnemers: dankie dat julle jul tyd en ondersteuning gegee het vir so 'n goeie doel.

Elke borgskap, skenking en bydrae maak 'n verskil in die lewens van die mense wat in ons sorgsentrums versorg word.

Saam kan ons soveel meer bereik!
Ons waardeer elkeen se omgee, ondersteuning en bereidwilligheid om 'n verskil te maak.
Met opregte dankbaarheid
Ons sal graag enige name wat per abuis uitgelaat is, byvoeg. Niemand se bydrae is onbelangrik nie.

VANDAG MET HARTE VOL DANKBAARHEID! ❤️Vandag wil ons uit die diepte van ons harte ons opregte dank en waardering uitspree...
01/11/2026

VANDAG MET HARTE VOL DANKBAARHEID! ❤️
Vandag wil ons uit die diepte van ons harte ons opregte dank en waardering uitspreek teenoor Johan en Elize Rautenbach, asook Jaco en Christa Pretorius, vir julle ongelooflike ruimhartige skenking van 'n 5 000-liter JoJo-watertenk, 'n motor en toerusting vir ons boorgatpomp.
Julle het byna 'n hele week van julle kosbare tyd afgestaan en met soveel toewyding en harde werk gesorg dat ons boorgat weer aan die gang kom.
Julle het nie net 'n watervoorsiening moontlik gemaak nie, maar iets aan ons bejaardes gegee wat van onskatbare waarde is: die versekering dat daar water sal wees.
Water is 'n absolute noodsaaklikheid en 'n basiese behoefte. Ons was nie finansieel in staat om hierdie noodsaaklike voorsiening self te bewerkstellig nie. Daarom is julle hulp vir ons soveel meer as net 'n skenking – dit is 'n daad van omgee, liefde en omgee vir ons bejaardes se waardigheid en welstand.
Elize, 'n besondere dankie aan jou dat jy alles gereël het, die nodige planne in plek gekry het en met so 'n oop hand en hart gehelp het om hierdie projek moontlik te maak.
Aan elkeen van julle: dankie vir julle tyd, harde werk, opoffering en ongelooflike vrygewigheid.
Mag julle altyd besef hoeveel hierdie gebaar vir ons en ons bejaardes beteken.
Julle het nie net water voorsien nie; julle het 'n noodsaaklike lewensbron en gemoedsrus aan ons bejaardes teruggegee.
Met opregte waardering en dankbaarheid.

BAIE BAIE DANkie

Boodskap van hardwerkendes:
Die pomp is in en werk. Geduld is beproef maar ons het deur gedruk!!! Water vir die tehuis!!!👏🏻👏🏻👏🏻🥳🥳🥳🥳

BAIE, BAIE DANKIE AAN MY KOSBARE PERSONEEL! Marlene, Trudie, Lizaan en Lorraine, uit die diepte van my hart wil ek vir j...
01/11/2026

BAIE, BAIE DANKIE AAN MY KOSBARE PERSONEEL!
Marlene, Trudie, Lizaan en Lorraine, uit die diepte van my hart wil ek vir julle dankie sĂŞ vir die suksesvolle gholfdag by Unicorn Gholfklub.
Julle het 'n hele dag van julle kosbare tyd afgestaan om fondse in te samel ten bate van ons bejaardes.
Dit spreek boekdele van julle omgee, julle bereidwilligheid en julle groot harte. Julle het nie net julle tyd gegee nie, maar ook julle liefde en passie vir 'n saak wat ons almal na aan die hart lĂŞ.
Ek waardeer elkeen van julle opreg. Dit is 'n voorreg om saam met mense te werk wat bereid is om daardie ekstra myl te stap en 'n verskil in ander se lewens te maak.
Onthou: Ons grootste rykdom lĂŞ nie in wat ons besit nie, maar in wat ons vir ander kan beteken.
Mag julle altyd weet hoe kosbaar julle is. Baie dankie, julle vier staatmakers! ❤️🌷

What a lovely day that Veronica organised Some of our dearest elderly in heaven
29/10/2026

What a lovely day that Veronica organised
Some of our dearest elderly in heaven

27/10/2026
Liewe Anita en Johan ❤️Baie, baie dankie vir al julle reëlings rondom die roudiens van ons geliefde Tannie Shirley Foyn....
09/10/2026

Liewe Anita en Johan ❤️
Baie, baie dankie vir al julle reëlings rondom die roudiens van ons geliefde Tannie Shirley Foyn. ❤️
Dankie ook vir alles wat julle deur die jare in haar lewe gedoen het en vir alles wat julle vir haar beteken het. Julle liefde, omgee en toewyding is iets besonders en word opreg waardeer. 🙏🏻🌹
Dankie ook aan Marlene en Tania vir die moeite wat julle gedoen het om die tafel so mooi te dek. Dit word opreg waardeer. ❤️
Dankie Ds Anel Boshoff wat troosdiens gelei het en pragtige boodskap gebring het
Mag julle weet dat elke daad van liefde en omgee ’n verskil maak en dat julle moeite nie ongesiens verbygaan nie.
Baie dankie aan julle almal uit die diepte van my hart. ❤️🙏🏻

Address

10 Lategan Road
Welkom
9459

Telephone

+27570650916

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Goldfields Nursing Care posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Goldfields Nursing Care:

Share