Lifestyle Club

Directions Contact the business

Lifestyle Club Helping women grow stronger in body, soul & spirit through simple wellness habits, faith-filled motivation and sustainable healthy living.

Pilates • Weight-loss guidance • Mindset & lifestyle coaching. My online personal training services aims to provide personalized fitness plans and coaching to individuals seeking to improve their health and fitness from the comfort and convenience of their homes. I am offering both personalized healthy eating plans and exercise programs tailored to individual fitness goals is an excellent way to provide comprehensive support to my clients. I am helping clients to look for a holistic approach to their health and fitness journey. I support my clients with daily accountability on their own health.

03/11/2026

Wat as jy nie nóg 'n dieet nodig het nie, maar net moet leer hoe om reg te eet?

Hoeveel keer het jy al 'n eetplan gevolg, gewig verloor en later weer teruggeval in ou gewoontes?

Die probleem is dikwels dat ons geleer word WAT om te eet, maar nie HOE om self gesonde keuses te maak nie.

Met ons 4 Weke Leefstylplan leer ons jou om:

💚 Jou liggaam se voedingsbehoeftes beter te verstaan.
💚 Slimmer en meer ingeligte koskeuses te maak.
💚 Jou eie gebalanseerde eetplan saam te stel.
💚 Hoe werk my hormone?
💚 Met selfvertroue koskeuses te maak – ook wanneer jy nie 'n voorgeskrewe spyskaart het nie.

Ons wil jou nie afhanklik maak van 'n eetplan nie. Ons wil jou bemagtig met kennis wat jy vir die res van jou lewe kan gebruik!

Leer. Verstaan. Pas toe. Pluk die vrugte.

Moenie nog 'n dieet begin nie.
Begin 'n nuwe verhouding met kos!

🌿 Lifestyle Club – Body, Mind and Soul

30/10/2026

Pad.langs bied skoon, regte egte kos en skep geleentheid vir oefen!

Pilates Klasse Woensdae en Vrydae oggende!

Kom raak deel!

Pilates is veilig tydens swangerskap. Annelie het dit bevestig deur Donderdag haar laaste klas by te woon en Vrydag het ...
29/10/2026

Pilates is veilig tydens swangerskap.

Annelie het dit bevestig deur Donderdag haar laaste klas by te woon en Vrydag het Baba Nita die wêreld ingekom.

Ons is opgewonde om Annelie en Nita binnekort weer in die klas te sien!

Hierdie mamma is ń yster wat gewys het jy kan jou eie besigheid hê, twee besige seuntjie lyfies se ma wees, vrou wee en tyd maak vir oefen!

🤩


Waaroor gaan Lifestyle Club? 🌿Dit gaan oor gemeenskap. Oor saam groei, saam bid, saam leef en saam huil. Dit gaan oor vr...
29/10/2026

Waaroor gaan Lifestyle Club? 🌿

Dit gaan oor gemeenskap. Oor saam groei, saam bid, saam leef en saam huil. Dit gaan oor vroue wat mekaar ondersteun, moed inpraat en mekaar oplig wanneer die pad moeilik raak.

Hierdie foto hou vir my kosbare herinneringe in. Dit herinner my aan vroue in my klas wat my ondersteun en opgelig het — net ’n week voor Comrades!

Comrades sal altyd vir my ’n besondere tydperk in my lewe wees. In 2025 was dit ’n groot droom om hierdie mylpaal te bereik. Min het ek geweet dat ek net ’n week later vir ewig van my kosbare vriendin sou moes afskeid neem.

Comrades 2026 was my Grace Race. Ek het gehardloop met ’n boodskap in my hart: wanneer die lewe moeilik raak, moet ons aanhou, vashou aan God se beloftes en op Hom vertrou, selfs wanneer ons nie verstaan waarom dinge gebeur nie.

Die pad is nie altyd maklik nie, en ons verstaan nie altyd die groter prentjie nie. Maar ons kan aanhou stap, een tree op ’n slag, in die vertroue dat God by ons is.

Ek is opreg dankbaar vir hierdie kosbare vroue wat my ondersteun het, saam met my gevier, gebid en gelag het, maar ook saam met my gehuil het.

Dít is waaroor gemeenskap gaan. ❤️

Om mekaar se vreugde te deel, mekaar deur moeilike tye te dra en mekaar te herinner aan die hoop wat ons in God het.

Ons is nie gemaak om alles alleen te dra nie. Soms gebruik God juis die mense om ons om ons te versterk en ons te herinner dat ons nie alleen is nie.

Lifestyle Club — saam groei ons, saam leef ons en saam is ons sterker.

Onthou daar is Woensdae en Vrydae by Pad.langs Pilates klasse! 7:30!!
27/10/2026

Onthou daar is Woensdae en Vrydae by Pad.langs Pilates klasse!

7:30!!

A little stretch, a little strength, and a whole
lot of feel-good!

Your midweek reset just found its happy place!

Join us for Pilates at pad.langs, where movement meets fresh air, good energy and a little countryside calm.

Whether you're looking to build strength, improve flexibility or simply take some time for yourself, this is your sign to show up for YOU!

📅 Wednesday & Friday
⏰ 07:30
📍 pad.langs

**Ready to move? Book your spot with Yolandi!**
📲 079 768 2511

Kom haal asem en maak vrede met jou lyf! Ons fokus op versterking en gesondheid! Whatsapp my nou en begin die week nog w...
27/10/2026

Kom haal asem en maak vrede met jou lyf!

Ons fokus op versterking en gesondheid!

Whatsapp my nou en begin die week nog werk aan ń sterker weergawe van jouself!

🤩

Hoekom wag vir volgende jaar? Begin die week nog! Ek wag vir jou!
26/10/2026

Hoekom wag vir volgende jaar?

Begin die week nog!

Ek wag vir jou!

Kom ondersteun die 💕💕💕💕💕
22/10/2026

Kom ondersteun die 💕💕💕💕💕

21/10/2026
Nie elke wedloop gaan jou beste wees nie, maar elke keer wanneer jy opdaag, beweeg jy nader aan die beste weergawe van j...
19/10/2026

Nie elke wedloop gaan jou beste wees nie, maar elke keer wanneer jy opdaag, beweeg jy nader aan die beste weergawe van jouself.

Saterdag was warm. Daar was ook realiteite wat my weer hard getref het. Maar daar was omgee-boodskappe van vriendinne, kliënte wat vriendinne geword het, familie wat opgewonde saamleef en spesiale mense langs die pad wat deel vorm van jou storie.

Nie almal wat saam met ons lewensreis begin, stap die hele pad saam met ons nie. Party is net daar by ’n waterpunt; ander wag by die eindstreep met ’n omgee-boodskap of ’n opregte drukkie. Solank ons aanhou opdaag, ander aanmoedig en liefde saai, sal die saad opkom waar dit moet.

Die naweek het ek ’n jong meisie aangemoedig wat op daardie oomblik die regte woorde moes hoor. Dit het my weer laat besef hoe nodig gemeenskap en opregte omgee-harte is.

Ek kon aanhou hardloop en net op my eie pad fokus, maar dan sou ek die geleentheid mis om saad in haar lewe te saai.

Ons moet soms uit ons eie wêreld tree en na ander uitreik, want dit is ook hoe ons groei.

Die lesse op die roete was omtrent ’n mondvol, maar 42 km is ver genoeg om te groei — jy moet net bereid wees om die lesse raak te sien.

Dankie aan elkeen wat my altyd aanmoedig en sommer net liefhet! Ek waardeer julle. 🤗

Address

Wolmaransstad

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lifestyle Club posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Lifestyle Club:

Shortcuts

Share

Nearby health & beauty businesses


Other Health & Wellness Websites in Wolmaransstad

Show All